Wat ‘n voorreg om by Bosgenade, net jou siel te laat rus. Pragtige skoon huis, met alles wat jy nodig het. Om net buite in die tuin te sit, diere te voer waaronder kameelperde, zebras en koedoes, is kos vir die siel. Hulle kom kuier gereeld! Die stilte, die vars lug, en die geluide van voĆ«ls het ons siele laat rus. Saans het ons by die vuur gesit en talle stories gedeel, ten aanskoue van die nagapies. Wat ‘n vredevolle plekkie, onder die suiderkruis wat vir jou loer! Dit is so rustig. Ons gee jul 10/10. Ons kom gou weer. Na ons kuiertjie by Bosgenade voel ons weer vol lewe.
Schalk en Anne-Marie B.
Recent Comments