Bosgenade het vir ons gesinnetjie die een heerlike verrassing na die ander gebring. Die huis self is goed ingerig en baie gemaklik. Die kinders was dadelik in die swembadjie na die lang ryery toe ons aankom. Die koedoes en rooibokke het kom groet! Die sterre is naby en die vuurtjie gesellig, selfs in die wintersaande. Ons het heerlik geslaap (hoë kwaliteit beddens en linne). Ons verken Marloth en kry orals sebra’s, rooibokke, wildebees en selfs kameelperd. Ons geniet die eetplekke en die vroeë oggend en laat middag stap langs die rivier baie. Ek was so gelukkig om ‘n groep hyenas en wilde honde te sien baklei oor hul prooi oorkant die rivier. Spar is lekker naby vir vinnige ietsies. Die kinders kan swem terwyl ons gesels en eet by Bos Restaurant (daar is ook die Waterpark en put-put). Hier is alles. En dan is Bosgenade huis, regtig die rustigheid en vrede vir ons siel. Die zazu voëls, sebras en bokke kom gereeld kuier. Die nagapie was egter die oulikste vir ons almal en hy was by ons! Mens kan vir niks meer vra nie. Ek moet ook noem van die heerlike melktert en pasteie by die Boskombuis. Vlakvarke te oulik!
Geertje B.
Recent Comments