Bosgenade… letterlik en figuurlik genade op liggaam, siel en gees. Gedurende die lang naweek in Junie het ons die voorreg gehad om die naweek by Bosgenade te kon plek kry. Baie aangename verblyf in die stilte van die bos. Ongelooflik goed ingerig, skoon, netjies en gerieflik en van uitmuntende kwaliteit. Dit is ruim genoeg en niemand is in mekaar se spasie nie. Die samesyn saam jou geliefdes om ‘n gesellige kampvuur en die geluide van die bos in die agtergrond skep ‘n onvergeetlike atmosfeer. Dis hier waar jou liggaam rus, jou siel en gees weer gevul word. Bosgenade word hoogs aanbeveel. Kom geniet elke sekonde van genade by Bosgenade.
Chris & Retha H.
Recent Comments